EHS-rugby, Virseker

LEPHALALE – Hoërskool Ellisras se o. 16-rugbyspan het die o. 16’s van Hoërskool Piet Potgieter Saterdag 9 Junie te Mokopane gewen met ‘n telling van 31-22. Hierdie wentelling het verseker dat hulle deurdring na die Limpopo-finaal teen Hoërskool Merensky wat Donderdag 21 Julie in Polokwane plaasvind.

EHS se eerste rugbyspan

Die o. 15-rugbyspan het reeds deurgedring na die finaal omdat hulle sover al hulle wedstryde gewen het. Dié span gaan in die Limpopo-finaal teen die span van Hoërskool Piet Potgieter te staan kom.

Die o. 15’s, o. 16’s en die eerste span speel Donderdag 28 Julie in die eerste ronde van die Virsekerbeker (voorheen Beeldtrofee). Teen wie hulle speel en waar sal nog bepaal word nadat uitspele in ander provinsies plaasgevind het.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.