EHS: volop 1ste plekke

Fransa de Beer
LEPHALALE — Die atlete van Hoërskool Ellisras het Vrydag 3 Februarie aan ‘n atletiekbyeenkoms in Polokwane deelgeneem. Die sewe skole wat deelgeneem het is Hoërskool Pietersburg, Hoërskool Ben Vorster, Hoërskool Ben Viljoen, Hoërskool Hans Strijdom, Hoërskool Frans du Toit, Hoërskool Tom Naude en Hoërskool Ellisras.
Die dag het atletiek uit die boonste rakke opgelewer en EHS se atlete behaal ‘n hele rits eerste plekke.
Conrad Prinsloo, seuns o. 16, gooi sy diskus ‘n afstand van 38.60 m en hy behaal ‘n eerste plek. Jan du Plessis, seuns o. 14, wen die 300 m hekkies met ‘n tyd van 42.30 s en die 200 m met ‘n tyd van 24.15 s. Bernice Moller, dogters o. 16, wen die 400 m hekkies met ‘n tyd van 1.18.00 s.
Loutjie Steenekamp, seuns o. 19, wen die 400 m hekkies met ‘n tyd van 55.59 s asook die 200 m met ‘n tyd van 21.85 s en die 110 m hekkies met ‘n tyd van 15.22 s.
Nelia Grobler, dogters o. 17 wen diskusgooi met ‘n afstand van 28.40 m. Nico Snyman, seuns o. 16, wen die 800 m met ‘n tyd van 2.10.50 s asook die 400 m met ‘n tyd van 53.94 s. Murangi Mulaudzi, seuns o. 17, wen die 1 500 m met ‘n tyd van 4.05.06 s. J Kleinhans, seuns o. 14, wen spiesgooi met ‘n afstand van 42.37 s. Larissa Nel, dogters o. 19, wen die 100 m met ‘n tyd van 3.28 s en die 100 m hekkies met ‘n tyd van 15.75 s.
Arnelia du Plessis, dogters o. 17, wen verspring met ‘n afstand van 4.28 m en die 100 m hekkies met ‘n tyd van 17.50 s. Bettie Schoeman, dogters o. 16, wen die 400 m met ‘n tyd van 1.08.19 s. Donald Ramosobane, seuns o. 19, wen die 400 m met ‘n tyd van 53.35 en Divan Geldenhuys, seuns o. 16, wen hoogspring met ‘n afstand van 1.70 m.
Die volgende atlete behaal tweede plekke:
Renè Alberts, dogters o. 14, in hoogspring met ‘n afstand van 1.36 m. D Potgieter, dogters o. 14, in diskus met ‘n afstand van 25.05 m. Johan Janse van Niewenhuizen, seuns o. 16, in spiesgooi met ‘n afstand van 51.93 m. Rianza Gouws, dogters o. 16, in gewigstoot met ‘n afstand van 9.98 m. Donald Ramsobane, seuns o. 19, in die 800 m met ‘n tyd van 2.07.66 s en in die 3 000 m met ‘n tyd van 10.22.82 s. Bianca Nel, dogters o. 15, in die 200 m met ‘n tyd van 27.97 s en in die 400 m met ‘n tyd van 1.05.40 s. Tokkie de Beer, seuns o. 15, in die 200 m met ‘n tyd van 24.00 s. M Matsoma, dogters o. 16, in die 200 m met ‘n tyd van 27.03 s en 100 m in ‘n tyd van 13.28 s.
Janco Lötter, seuns o. 15, in gewigstoot met ‘n afstand van 12.13 m. J Pistorius, seuns o. 17 in diskus met ‘n afstand van 43.45 m. Janus Reynecke, seuns o. 19 in diskus met ‘n afstand van 36.86 m. Jeanette Makgae, dogters o. 15 in die 90 m hekkies met ‘n tyd van 17.22 s. Bernice Moller, dogters o. 16, in die 100 m hekkies met ‘n tyd van 17.25 s en Christiaan Young in die 110 m hekkies met ‘n tyd van 16.68 s.
Die top-seunatlete is Loutjie Steenekamp, Tokkie de Beer, Jan du Plessis, J Pistorius, Christiaan Young, Nico Snyman en Murangi Mulaudzi.
Die top-dogteratlete is Daney Pogieter, Rianza Gouws, Larissa Nel, Maruschka Robbertse, J Vermaak, N Grobler, Ouma Mphulo, M Matsoma en Nelia Grobler.
Die volgende atletiekbyeenkomste vind plaas op Vrydag 10 Februarie (vriendskaplik by Hoërskool Nylstroom), Saterdag 11 Februarie (distriksbyeenkoms tuis) en Saterdag 25 Februarie (interhoër by Hoërskool Frikkie Meyer te Thabazimbi).

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.