EHS wintersport

Rugby

EHS se eerste rugbyspan behaal ʼn wegholoorwinning teen Hoërskool Tom Naude

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se wintersportspanne het Saterdag 19 Mei aan ʼn sportdag deelgeneem. Die rugbyspanne het gespeel teen Hoërskool Tom Naude van Polokwane en die hokkie- en netbalspanne teen Hoërskool Nylstroom.

Besondere hoë rugbytellings is behaal. EHS se eerste span wen 77-5, die tweede span wen 85-0, die o. 16A-span wen 40-7, die o. 15-span wen 73-7 en die o. 14’s speel gelykop met ʼn telling van 17-17.

Die spel was gekenmerk deur hardlooprugby en bykans elke speler van Hoërskool Ellisras is die kans gegun om ʼn drie te druk.


Hokkie

Hokkiespeler Joey Vorster is nie net nommer een van die top-10-akademie nie, maar ook lid van die tweede hokkiespan. Skoolhoof Adriaan Joubert sê: “Joey is ʼn volle pakket – dié besige leerder vind altyd tyd vir alles op die program en ons is baie trots op haar deelname”

EHS se o. 14-hokkiespan wen 1-0, die o. 15’s wen 1-0 en die tweede span wen 4-0.


Netbal

Die o. 14-span wat die hele jaar nog nie een wedstryd verloor het nie

EHS se o. 14A-netbalspan wen 12-3, die o. 14B-span wen 13-7, die o. 15A- en B-span speel gelykop 13-13 en 3-3, die o. 16A-span wen 22-8, die o. 16B-span wen 21-7 en die tweede span wen 18-7.

Volgens die ondersteuners was dit moeilike wedstryde maar het dit in goeie gees plaasgevind.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.