Gholfnuus

LEPHALALE — Kontrakteurs en hul spanne het mekaar Saterdag 12 Mei op Mogol se gholfbaan die stryd aangesê tydens die jaarlikse Kontrakteursbeker in vierbalformaat.

Nagenoeg 96 spelers het deelgeneem en daar was selfs ses spanne uit Botswana. Volgens hulle is die kompetisie in Lephalale een van hul gunstelingkompetisies.

Martin Nel en sy spanmaats, Engela Nel, Dave Diamond en MB Bosman, het in die eerste plek klaargemaak gevolg deur Zandre Taute, Hein Benade, Ruan Weber en Theunis Nel. Die twee pa’s en seuns, Gert en Gerhard Pepler en Len en Jonathan Steyn was derde.

Naaste aan die penne was Jaco Loubser op putjie 11, J van Vreden op 8, Lee Taylor op 4 en J Boxshall-Smith op 15.

Pryse is geborg deur die verskeie kontrakteurs wat vir die kompetisie ingeskryf het. Komiteelid Riaan Maartens het die prysuitdeling waargeneem en almal hartlik bedank vir hul deelname.

Die KANSA-gholfdag vind Saterdag 2 Junie plaas.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.