Goeie gholf op puik baan

LEPHALALE — Die Maroelabeker-gholftoernooi wat jaarliks saam met die Bosveldfees aangebied word, was ʼn groot sukses met 160 deelnemers wat vanoor die hele land Bosveld toe gekom het om deel te neem aan dié gewilde toernooi wat vanaf Woensdag 4 Julie tot Saterdag 7 Julie plaasgevind het.

Ruan, Natie, Lenanda, Andre-Niel en Wayne

Tydens die prysuitdelingsfunksie Saterdagaand het Ruan Schnettler, president van Mogolgholf, die Mogolklub bedank vir ʼn fantastiese baan. Hy het ook bedankings gerig aan Denise Hildebrandt en haar helpers wat gesorg het dat sake vlot verloop asook die borge wat uitstekende pryse geskenk het vir die spelers. Niel van Eeden van die Pro shop in Pretoria, wat ook pryse geborg het, was ook soos elke jaar teenwoordig. Verder het Ruan vir Howden, die konstruksiemaatskappy wat nou reeds vir etlike jare die hoofborg van die toernooi is, spesiaal bedank vir hul betrokkenheid en ondersteuning deur die jare. Verdere bedankings het gegaan aan Marietjie Kritzinger vir die heerlike kos, Claudia Pepler en Jouane Gouws vir die punteverwerking, Hennie Pepler se klankspan vir die musiek en Len Steyn, namens SNC Lavalin, vir verbeteringe wat by die klub aangebring is, asook die komitee vir al hul insette.

Wayne Smith, komiteelid het die prysuitdeling waargeneem en die wenners van die Maroelabeker is as volg:
Brutowenner: Lenanda van der Watt
Nettowenner: Natie Pretorius
Dameswenner: Lenanda van der Watt
Juniorwenner: Andre-Niel Burger

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.