Goeie vooruitsig vir gimnaste

SWARTWATER — Swartwater Gimnastiekklub het onlangs aan die Limpopokampioenskappe in Louis Trichardt deelgeneem en 20 van die 23 gimnaste het gekwalifiseer vir die Provinsiale span.

Agter v.l.n.r.: Melissa Gouws (afrigter), Louise Booyse (afrigter), Sumarie Booyse, Marcelle Schoeman, Annemie Nel, Yolandè Vos (hoofafrigter). Middel: Megan Honeyborne, Duan Fourie, Jacques-Louis Hendriks, Tiaan Zietsman, Duan van Staden, Elza Zietsman, Deonè Malherbe, Reino Jonker, Hennie Schoeman. Voor: Wilmeri Roos, Luca Grimbreek, Carla Booyse, Lerika Coetzee, Talita van der walt, Anke Jansen van Vuuren. Heel voor: Eliz-marie Groenewald (Inlas – Luhan Groenewald)

Volgens Melissa Gouws, afrigter, is die gimnaste weer hard besig om te oefen vir die Noordsone-kampioenskappe wat op 14,15 en16 Junie by Mat Sport in Eldoraigne gehou word.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.