Goue Gerhard

LEPHALALE — Die Mogolklub se klubkampioenskappe is Saterdag 2 Maart oor 36 putjies beslis met 38 spelers wat deelgeneem het in die bloedige bosveldson.

Die wenners is as volg:

Nadia van Vuuren is die dameskampioen, Gerhard Booysen die Junior Kampioen, Louis Rossel wen die C-Divisie en Natie Pretorius die B-Divisie.

Die klubkampioenskap word deur die reeds bekende Gerhard Pepler gewen met ʼn telling van 134 houe. Sy telling was 67 oor die eerste 18 putjies en 67 oor die tweede 18 met ʼn uitmuntende tien houe onder baansyfer. Gerhard neem Donderdag 14 en Vrydag 15 Maart in Johannesburg by die Houghton gholfklub aan oefenrondtes deel. Die amptelike kwalifiserende “Q-School”-oefenrondte vind Sondag 17 Maart plaas. As Gerhard onder die top-30-spelers eindig, kwalifiseer hy om aan die Sonskynreeks deel te neem wat hom amptelik professionele gholfstatus gee.

(Hou gerus hierdie jong man dop want dit is duidelik dat ʼn blink gholftoekoms op hom wag – Red)

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.