Hardies-boogdag

LEPHALALE — Die boogklub van Hardekool Akademie het Saterdag 4 November ʼn prettige familieboogskietdag by The Junction gehou. Die doel van dié dag was om fondse vir die boogklub in te samel sodat hulle meer NASP-goedgekeurde boë kan koop. NASP staan vir National Archery in the Schools Programme en dit is die assosiasie waaraan skoolboogskietklubs behoort.
Daar was onder andere ʼn teikenskietbaan, ʼn junior en senior boogskietpretbaan, 3D-boogskiet en vele meer waaraan kinders (en volwassenes) kon deelneem.
Items waar skuts na waatlemoene, spanspekke en selfs lemoene kon skiet, was deel van die pret.
Volgens Jo-Anne Bronkhorst, mede-organiseerder van dié dag, is hulle baie dankbaar teenoor hulle borge. “Ons het meer as R10 000 se borgskappe ontvang,” sê sy.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.