Hoërskool Ellisras Sport

Rugby

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se rugbyspanne het Saterdag 17 Maart wedstryde gespeel teen die spanne van Afrikaans Hoër Seunskool (Affies) en EHS se eerste span wen hulle wedstryd met 38-31. Die res van EHS se spanne het verloor.

EHS se eerste rugbyspan wen Affies se eerste span 38-31

Die puntemakers vir die eerste span was Hannes Pretorius met vier drieë, Gerrie Blom en Conrad Prinsloo druk elk een drie en Steyn van Staden het agt punte met sy skopskoen verdien.

EHS speel die naweek van 24 Maart teen die spanne van Hoërskool Ben Vorster in Tzaneen wat volgens sommige gesien word as die “fakkeldraers” van Limpopo!

Die leerders en personeel wens al die sportspanne alles van die beste toe vir die wedstryde.

Hokkie

EHS se o. 14-hokkiespan

LEPHALALE — Die hokkiespanne van Hoërskool Ellisras het Saterdag 17 Maart deelgeneem aan ʼn hokkiedag by die Afrikaans Hoër Meisieskool in Pretoria en verwagtinge oortref.

EHS se o. 14-hokkiespan wen 11-0 en die o. 16-span wen 6-0. Die o. 15- en eerste span speel gelykop.

Atletiek

Die sewe steratlete van Hoërskool Ellisras wat op 20 Maart aan die SA-kampioenskappe deelgeneem het is v.l.n.r.: Stefanie Heystek – diskus, Ruben Vosloo – 200 m, Jan du Plessis – 300 m hekkies, Dries du Preez – diskus en spiesgooi, skoolhoof Adriaan Joubert, Tokkie de Beer – 110 m en 400 m hekkies, Nachelle Beetge – 300 m hekkies en Nelia Grobler – diskus
(Foto’s verskaf)

Gholf

LEPHALALE — EHS se gholfers het Saterdag 17 Maart in Polokwane gespeel teen spelers van Hoërskole Piet Potgieter en Heuwelkruin.

Divan Geldenhuys wen sy opponent van Hoërskool Piet Potgieter 7 teen 6.

Henry Reynecke speel teen leerders van Piet Potgieter en Heuwelkruin en wen 4 teen 3.

Die A- en B-span het verloor.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.