Interhoër 2017 — 3de plek vir EHS!

Fransa de Beer
LEPHALALE — Die 54ste Bosveld-interhoër is Saterdag 25 Februarie by Hoërskool Frikkie Meyer in Thabazimbi gehou. Ten spyte van gerugte dat die baie reën gaan veroorsaak dat die byeenkoms gekanselleer word, was Hoërskool Frikkie Meyer vasbeslote – dit maak nie saak hoeveel dit reën nie, die byeenkoms sal voortgaan.
Hoërskool Ellisras se atlete het ten spyte van ‘n sopnat baan fantasties presteer, ‘n algehele derde plek uit sewe skole behaal en hul spog boonop met ‘n nuwe rekord.
Die aankondiger (ingevoer van die voorwêreld) het keer op keer opgemerk hoe verstom hy was oor die leerders van die bosveld se dissipline tydens die byeenkoms.
Die dirigente-opkoms van die onderskeie skole was soos altyd ‘n skouspel en dit was duidelik dat daar baie tyd en geld spandeer is!
Hoërskool Ellisras se tema was, “Die Rassies bou” en daar is van reusagtige Lego-blokke gebruik gemaak.
‘n Totaal van 21 eerste plekke deur EHS se atlete word behaal deur:
Renette Alberts (d o. 14) in die 100 m 14.20 s (ASA 633), Jan du Plessis (s o. 14) in die 100 m 12.30 s (ASA 775) en 200 m 25.30 s (ASA 808). Jan verbeter die 2015-rekord van William Mohlagoa van Piet Potgieter 2015 (42.90 s) in die 300 m hekkies met ‘n tyd van 42.60 s en hy behaal 816 ASA-punte). Charnè Vosloo (d o. 17) in die 100 m 12.80 s (ASA 752) en 200 m 27.20 s (ASA 677) en verspring 4.76 m (ASA 704), Bettie Schoeman (d o. 16) 400 m 1.07.00 s (ASA 533), Nico Snyman (s o. 16) 800 m 2.09.60 s (ASA 728), Tokkie de Beer (s o. 15) 100 m hekkies 14.20 s (ASA 821), Larissa Nel (d o. 19) 100 m hekkies 16.20 s (ASA 545), Bernice Moller (d o. 16) 400 m hekkies 1.16.10s (ASA 489), Loutjie Steenekamp (s o. 19) 400 m hekkies 54.80 s (ASA 824), Divan Geldenhuys (s o. 16) hoogspring 1.73 m (ASA 797), Steyn van Staden (s o. 17) hoogspring 1.80 m (ASA 803), Daney Potgieter (d o. 14) gewigstoot 10.87 m (ASA 765), Johan Kleinhans (s o. 14) gewigstoot 11.88 m (ASA 702), Daney Potgieter (d o. 14) diskus 25.90 m (ASA 719), Dries du Preez (s o. 14) diskus 37.49 m (ASA 826), Conrad Prinsloo (s o. 16) diskus 39.68 m (ASA 740) en Janco Lötter (s o. 15) spiesgooi 47.95 m (ASA 738).
Tweede plekke word behaal deur:
Bianca Nel (d o. 15) 100 m 13.70 s (ASA 682), Mosebudi Matsoma (d o. 16) 100 m 13.50 s (ASA 677), Larissa Nel (d o. 19) 100 m 13.20 s (ASA 654), Loutjie Steenekamp (s o. 19) 22.50 s (ASA 803), Nico Snyman (s o. 16) 400 m 53.00 s (ASA 787), Cherantè Snyman (d o. 19) 400 m 1.05.70 s (ASA 493), Donald Ramasobane (s o. 19) 400 m 52.40 s (ASA 677), Bernice Moller (d o. 16) 100 m hekkies 17.00 s (ASA 553), Anelia du Plessis (d o. 17) 100 m hekkies (ASA 453), Jewan Human (s o. 15) 300 m hekkies 44.30 s (ASA 632), Renette Alberts (d o. 14) verspring 4.22 m (ASA 692), Matsoma Mosebudi (d o. 16) verspring 4.62m (ASA 709), Divan Geldenhuys (s o. 16) verspring 5.68 m (ASA 718), Jewan Human (s o. 15) gewigstoot 12.26 m (ASA 836), Denique Nel (d o. 14) spiesgooi 26.36 m (ASA 690), Johan Kleinhans (s o. 14) spiesgooi 40 83 m (ASA 701) en JP van Staden (s o. 15) spiesgooi 45.78 m (ASA 698).
Die aflosse het die toeskouers op hulle voete gehad. Met die oudleerder-inskrywing het die Mogol Blitse die ander spanne met ‘n goeie 200 m weggehardloop.
Volgens Louis Campbell, skoolhoof van EHS, was die byeenkoms baie goed gereël. Hoërskool Ellisras bedank almal wat ‘n bydrae gelewer het van harte – al die afrigters, ouers, onderwysers, busbestuurders en die borge.
Die skool maak spesiaal melding van Thildie Erasmus wat baie struikelblokke moes oorkom met die sangers.
Campbell het ter afsluiting die skole uitgenooi na 2018 se Interhoër wat tuis aangebied word.
(Sien nog vele foto’s op Mogol Pos se Facebookblad.)

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.