Interhuis-sterre

Die Matommas-wenspan en skoolhoof
Nils Meiring en sy vrou Gina

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se Interhuisatletiekbyeenkoms is Donderdag 26 Januarie gehou en te midde van baie eerste plekke en goue medaljes is daar ook verskeie rekords verbeter.

Ruben Vosloo, seuns o. 14, behaal 1 019 punte op die ASA-puntetabel, hy verbeter ’n 2015-rekord van 5,63 m van Fanie Modimola na 5,76 m en ʼn 1999-rekord van Riaan Coetzee in 200 m van 25,00 s tot 24,30 s. Sy tyd in die 100 m is 12,10 s; Jan du Plessis, seuns o. 15, verbeter David Tshelane se 2006-rekord in die 300 m-hekkies van 43,35 s tot 42,41 s; Jandri Venter, dogters o. 16, verbeter die 2009-rekord van Ulindie Viviers in spiesgooi van 31,06 m tot 31,59 m en Christelle van der Merwe, dogters o. 14, verbeter die 2014-rekord van Larissa Nel in die 100 m van 13,10 s tot 12,80 s.

Die o. 16-aflosrekord van 1989 word verbeter deur die aflosspan bestaande uit Christi Kaiser, Nachelle Beetge, Elane Erasmus (graad 5 (o. 11) en Kobi Erasmus.

Ruben Vosloo, wenner van die Victor Ludorum, ontvang trofeë vir die beste 400 m-atleet, beste prestasie veldnommers, beste atleet in ʼn individuele item (verspring – 1 019 ASA-punte) en hy ontvang die trofee vir beste individuele prestasie naellope 200 m (919 ASA-punte).

Gerrie Blom, seuns o. 19, is die beste senior hoogspringatleet en Murangi Mulaudzi, seuns o. 19, is die beste atleet in die 1 500 m.

Die volgende atlete ontvang trofeë: Hanco Lötter, seuns o. 16, vir die beste prestasie in spiesgooi; Conrad Prinsloo, seuns o. 17, vir die beste prestasie in gewigstoot; Dries du Preez, seuns o. 15, vir die beste prestasie in skyfwerp. Zinta van Staden, dogters o. 14, en Nico Snyman, seuns o. 17 is die beste middelafstandatlete in hulle ouderdomsgroepe.

Die Junior Victrix Ludorum-trofee gaan aan Christelle van der Merwe, dogters o. 14 en Bianca Nel en Tokkie de Beer is onderskeidelik die Senior Victrix en Senior Victor Ludorum.

Die Matommas het vanjaar vir die eerste keer in ʼn lang tyd die beste spantotaal gehaal.

Steratlete se eerste plekke:

Ruben Vosloo, seuns o. 14 vir die 400 m 56,20 s (778 ASA); 100 m 12,10 s (820 ASA en verbeter rekord); verspring 5,76 m (1 019 ASA en hy verbeter rekord) en 200 m 24,30 s (919 ASA) en hy verbeter ʼn rekord.

Jan du Plessis, seuns o. 15, 100 m hekkies, 14,90 s (706 ASA), 200 m 24,70 s (735 ASA), 300 m hekkies 42,41 s (740 ASA – verbeter rekord) en 100 m 12,40 s (682 ASA); Janco Lötter, seuns o. 16, behaal eerste plekke vir spiesgooi 49,54 m (741 ASA), gewigstoot 12,41 m (686 ASA), diskus 32,28 m (574 ASA) en hy behaal ’n tweede plek in die 400 m; Tokkie de Beer ontvang goue medaljes vir die 110 m hekkies 15,40 s (791 ASA), 400 m hekkies 1:03:80 s (563 ASA), 400 m 57,10 s (612 ASA), 200 m 24,50 s (756 ASA) en ʼn tweede plek in die 110 m; Bianca Nel, dogters o. 16 ontvang goud vir die 400 m 1:04:50 s (622 ASA), 100 m 13,20 s (735 ASA), verspring 4,29 m (631 ASA) en 200 m 27,70 s (692 ASA), Larissa Nel, dogters o. 19, goud in 100 m hekkies 18,30 s, verspring 4,66 m (644 ASA) en 400 m 1:19:44 s, Charney Vosloo, dogters o. 19, goud in 100 m 13,30 s (641 ASA), hoogspring 1,20 m (519 ASA), 200 m 28,90 s (511 ASA) en 800 m 4:08:30 s. Charney behaal ook ʼn tweede plek in verspring.

Nico Snyman, seuns o. 17, behaal eerste plekke in die 800 m 2:02:80 s (807 ASA), 400 m 53,70 s (711 ASA) en 100 m 11,60 s (730 ASA); Matsoma Mosibudi, dogters o. 17, behaal goud in 100 m 13,40 s (647 ASA), verspring 4,74 m (699 ASA) en 200 m 28,40 s (581 ASA), Gerrie Blom, seuns o. 19, eerste plek in 100 m 11,30 s (756 ASA), verspring 6,57 m (798 ASA), hoogspring 1,75 m (717 ASA).

Die jaarlikse Interhoër word vanjaar op 24 Februarie by Hoërskool Ellisras gehou.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.