Juniors blink uit in ringbal

LEPHALALE — Ringbal is ʼn spel vir oud en jonk. Die junior ringbalspelers van Mogol Ringbal wat onlangs Limpopokleure verwerf het, is ʼn bewys hiervan.

Simoné, Herman en Lezani Lombard

Simoné Lombard verwerf Limpopokleure in die kategorie o. 13-dogters, Herman Lombard in die kategorie o. 11-seuns en Lezani Lombard in o. 11-dogters.

Dit is die eerste jaar dat dié kinders rolbal speel en deelneem aan die proewe.

Hulle gaan die week van 2-6 Julie aan die SA-toernooi in Pretoria deelneem waar hulle die geleentheid sal kry om SA-kleure te verwerf.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.