KANSA-gholf

LEPHALALE — Mogol gholfklub het Saterdag 2 Junie hul jaarlikse KANSA-gholfdag aangebied en 60 deelnemers het hierdie belangrike dag ondersteun.

V.l.n.r.: Nancy van Staden (KANSA Lephalale), Gerhard Pepler, Riana Bronkhorst (KANSA Limpopo), Annemari Maloney en C van Staden

Tydens die prysuitdelingsfunksie is al die borge bedank wat waardevolle pryse geborg het asook diegene wat items vir die veiling geskenk het wat deur Gert du Plessis waargeneem is. Veilingitems het ingesluit wyne, oornagakkommodasie, wildskarkasse, ʼn sjokoladekoek wat die prys van R360 behaal het asook noodhulpbystandstasse en ʼn handige Snappy Chef kookplaat.

Die langste dryf vir die dag is deur J Swart op putjie 9 geslaan en naaste aan die penne was R Maartens op putjie 8 en N Pretorius op 11.

Dameswenners was A Maloney en C van Staden. In die Mans C-divisie was Peter Brown eerste gevolg deur AW Besseling en J Pretorius. In die Mans B-divisie het W Smith in die eerste plek klaargemaak gevolg deur R Nel en D Diamond.

In die Mans A-Divisie het die jong man Gerhard Pepler stof in almal se oë geskop met JH de Meyer en C Booysen onderskeidelik tweede en derde.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.