Laerskool Bosveld Primary

Bossieboogskuts is beste

LEPHALALE — Die boogskuts van Laerskool Bosveld Primary het Saterdag 14 April ʼn algehele eerste plek behaal tydens ʼn boogskietkompetisie wat by Hoërskool Ellisras gehou is.

Die Bossieskuts behaal ʼn totale punt van 2 794. Salomé Boshoff behaal ʼn tweede plek in die junior meisies en Eduan Engelbrecht behaal ʼn derde plek in die junior seuns.

Die afrigters sê hulle is baie trots.

Die volgende kompetisie word Saterdag 5 Mei by Laerskool Bosveld Primary gehou.

Rugby o. 9’s doen goed

Laerskool Bosveld Primary se o. 9-rugbyspan het ʼn tweede plek behaal in die Super 8-toernooi

LEPHALALE — Laerskool Bosveld Primary se rugbyspanne het Vrydag 13 April te Laerskool Pietersburg-Noord aan die jaarlikse Super 8-rugbytoernooi deelgeneem.

Die o. 9-span wen hulle wedstryde teen Laerskole Thabazimbi, Phalaborwa en Louis Trichardt, maar verloor teen Laerskool Bergland. Hulle behaal ʼn algehele tweede plek in die toernooi.

Die res van die spanne het gemengde welslae behaal.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.