Laerskool Ellisras

Rassiehokkie

Die o.11-hokkiespan het rede tot vrolikheid

LEHALALE — Die o. 11- en eerste hokkiespan van Laerskool Ellisras het van 15-17 Junie ʼn hokkiekliniek te Jubaweni bygewoon.

Die afrigters sê die dogters het baie geleer en die o. 11-span het drie van hulle vier wedstryde gewen en gelykop geëindig in die oorblywende wedstryd.

Die spelers en afrigters sê hulle sien baie uit na die komende hokkieseisoen.


Tweedes na finaal

LEPHALALE — Drie van Laerskool Ellisras se rugbyspanne het die naweek van 15-17 Junie aan die Limpopo-uitspele te Bela-Bela deelgeneem.

Die tweede span het deurgedring na die finaal, maar daar moes hulle die knie buig teen Phalaborwa se Groenskool.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.