Lekker rolbal by Lekkerbreek

LEPHALALE — Lede van Mogolrolbalklub het onlangs aan ‘n rolbalkompetisie te Lekkerbreek-rolbalklub naby Mookgophong (Naboomspruit) deelgeneem en die spelers het gemengde welslae behaal.
Die hoogtepunt van die naweek was toe Marietjie de Beer ‘n naweek te Lekkerbreek gewen het!
Die spelers sê ‘n wonderlike gees het die naweek geheers.
Linton Burger, voorsitter van Mogol rolbalklub, nooi die gemeenskap uit om saam met hulle te gaan rolbal speel.
Oefeninge is Dinsdae en Donderdae vanaf 17:30 vir 18:00 en Saterdag vanaf 13:30 vir 14:00.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.