Mogolrugby wen

LEPHALALE — Mogol se eerste rugbyspan het die eerste span van Vaalwater Vrydagaand 11 Mei gewen met ʼn telling van 32-3.

Volgens afrigters Lloyd Seleka en Freddie Welman is die jaarlikse wedstryd tussen dié twee tuisdorpe die “groot” een en was dit ʼn baie fisieke wedstryd.

Vyf drieë word gedruk deur Albert Schoeman, Jack Lamola, Adriaan de Lange, Steve Thiart en Dandre Bosse. Dit was ook Steve Thiart en Dandre Bosse se eerste drieë vir Mogol. Adriaan de Lange het ’n strafskop oorgeskop en Bronwin Craill het een van die drieë verdoel.

Hierdie oorwinning plaas Mogol weer bo aan die punteleer met 17 punte.

Mogol se eerste en tweede span speel Vrydag 18 Mei teen Modimolle se spanne op hulle tuisveld.

“Ons verwag dat dit harde wedstryde gaan wees, maar ons sal hierdie week seker maak dat ons 100% reg is vir die wedstryde,” sê Welman.

Die volgende tuiswedstryd vind op 22 Junie plaas.

Mogolrugby bedank al hulle borge en ʼn spesiale dankie aan die Exxaro Mediese Span wat hulle met elke tuiswedstryd bystaan. Die ondersteuners wat elke tuiswedstryd so getrou bywoon word ook bedank.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.