’n Blomme-uitstalling by Lephalale Mall verlede jaar

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se hokkiespanne het van 7-9 April aan ’n hokkietoernooi in Warmbad deelgeneem en baie goed gevaar.

Die o. 14-hokkiespan het nie een wedstryd in die toernooi verloor nie

7 April: Die eerste span eindig gelykop teen Hoërskool Warmbad, die o. 15-span wen 8-0 teen Hoërskool Pepp in Polokwane en die o. 14-span eindig gelykop teen Hoërskool Piet Potgieter en wen 6-0 teen Hoërskool Oos-Moot van Pretoria.

8 April: Die eerste span eindig gelykop teen Hoërskool Roodepoort en wen 2-0 teen Pepp, die o. 16-span wen Hoërskool Oos-Moot met ʼn telling van 7-0 en eindig gelykop teen die Blou skool, die o. 15-span wen 3-0 teen Hoërskool Oos-Moot, die o. 14-span wen 1-0 teen Hoërskool Piet Potgieter en 8-0 teen Hoërskool Oos-Moot.

9 April: Die eerste span wen 3-0 teen Hoërskool Warmbad en die o. 14’s wen 9-0 teen Hoërskool Oos-Moot en eindig gelykop teen Hoërskool Piet Potgieter.

Die o. 14-span het nie een wedstryd in die hele toernooi verloor nie.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.