Nuwe gholfkomitee

LEPHALALE — ’n Nuwe gholfkomitee vir Mogolklub is onlangs tydens hul jaarlikse algemene jaarvergadering verkies.

Die komiteedrag is geborg deur kontrakteursmaatskappy SNC Lavalin. V.l.n.r.: Johan Gericke, Frans Faber, Gert Pepler, Len Steyn, Annemarie Maloney en Pierre Malan

Len Steyn en Pierre Malan sal onderskeidelik as president en visepresident optree terwyl Gert Pepler weer sy toetrede tot die komitee maak as klubkaptein, ’n pos wat hy voorheen suksesvol beklee het.

Annemari Maloney is verkies as tesourier en Johan Gericke as sekretaris terwyl Frans Faber en Riaan Maartens as addissionele lede verkies is.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.