Oorwinning vir Mogolrugby

LEPHALALE — Mogolrugby het Lephalale Saterdag 23 Februarie gaan verteenwoordig by ʼn Springs-rugbydag en kaptein Johan Ross het sy span na ʼn oorwinning van 36-5 gelei teen Benoni-rugbyklub.

Mogol se span saam met Jurg van Heerden as afrigter

Drieë was gedruk deur Corman Vos, Armand Davies, Wiaan Cornelesen, Albert Schoeman en James Marx.

Corneil Fourie het vyf uit ses doelskoppe suksesvol oor die pale gestuur.

Ross sê die span is baie positief oor die goeie wen en die manne is gereed vir die seisoen.

Mogol-rugbyklub nooi almal uit om by hulle aan te sluit vir oefening op Maandae en Woensdae van 18:00-19:30,

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.