Presidentbeker

Riaan, Piet, Willem, Jaco, Pierre en Peter

LEPHALALE — Die Presidentbeker-gholfdag, wat ʼn paar jaar gelede deur *Jan Beyer ingestel is, is Saterdag oor 18 putjies by Mogol se bane gespeel.
Die huidige president, Rohann Schnetler, en van die vorige presidente, Jaco Loubser, Chris Booysen en Leon Pienaar, het met agt lede in ʼn span om die kroon meegeding.
Jaco Loubser se span, met spanmaats Martin Nel, Willem Oosthuizen, Pierre Malan, Peter Brown, Piet Schutte, Riaan Nel en Divan Geldenhuys, het koning gekraai tydens dié kompetisie.
ʼn Warm dag is afgesluit om ʼn ewe warm en gesellige braaivleisvuur.
*Jan Beyer het op 31 Oktober vanjaar uitgetree as gholfbestuurder by Mogolgholfklub.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.