Ringbalspringbokke

LEPHALALE — Vier Mogolringbalspelers het SA-kleure ontvang tydens die jaarlikse SA Ringbaltoernooi in Nelspruit.
Vleis Nortje haal vir die sewende jaar agtereenvolgens die RSA-span vir Veterane Mans. Quinten Prinsloo speel vir die vierde jaar en Apie Higgo vir die tweede jaar in die SA-Uitnodigingspan vir Senior Mans, terwyl Driaan Erasmus vanjaar vir die eerste keer die eer gehad het.
Vanaf Augustus tot Oktober vanjaar is vier vertoonwedstryde onderskeidelik gespeel in Kempton Park, Potchefstroom, Sasolburg en Camp Discovery (Hammanskraal).
Namens Mogol Ringbal word hierdie spelers hartlik gelukgewens met hulle uitsonderlike prestasies.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.