Rolbalnuus

Die Mogol Rolbalklubspan wat die afgelope naweek te Tzaneen aan die Lietsjiefees deelgeneem het

LEPHALALE — Drie spanne van Mogol Rolbal, bestaande uit vier lede elk, het die afgelope naweek oor twee bloedige warm dae teen 24 ander spanne meegeding tydens die Tzaneen Lietsjiefees.
Dit is die 16de agtereenvolgende jaar dat dié geborgde rolbaldag op Tzaneen aangebied word.
Dit was volgens die spelers ʼn behoorlike fees van rolbal en heerlike samesyn. Al is daar gemengde welslae behaal, is al die spelers beloon met houers vol lietsjies, papajas, mangoes en tamaties wat deur die omligggende maatskappye geskenk is.
Tydens ʼn Limpopo-rolbalkomiteevergadering is aangekondig dat die volgende spelers van Mogolklub gekies is om aan die Interdistrikte semi-finale uitspeelwedstryde te Nelspruit deel te neem: Dorette Wells (Dames A-span), Ella Burger (Dames B-span) en Linton Burger (Mans B-span). Die klub wens hulle sterkte toe.
Kontak Linton of Ella by 083 657 4089 of 082895 9477 vir enige inligting rakende die Mogolrolbalklub. Balle vir oefening is beskikbaar.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.