Skaap loop en pyle vlieg

LEPHALALE — Laerskool Bosveld Primary het Saterdag 5 Mei hulle jaarlikse skaaploopdag in samewerking met die skool se boogskietspan aangebied.

Skaap loop en pyle skiet

Ander skole uit die streek, waaronder Hoërskool Ellisras, Waterberg Academy, Laerskool Ellisras, Hardekool Akademie en Lephalale Primary het die geleentheid ondersteun en bygedra tot ʼn suksesvolle dag.

Die skaap het uit sy hok ontsnap en die leerders het hul bes gedoen om hom weer te vang, maar me A van Vreden was die gelukkige wenner wat hom kon vang.

Sommige dapper ouers en leerders het hul talent vir bokdrolspoeg beproef, maar sommige leerders het liefs met rosyntjies gekompeteer. Die rosynspoegwenner was Stefan Hattingh van Laerskool Bosveld Primary en Marius Mostert was die wenner van die bokdrolspoeg.

Boonop het die Bossieskuts se A-span ook uitgeblink en ʼn eerste plek behaal met die 3D-teikenskiet, met Waterberg Academy en Lephalale Primary onderskeidelik in die tweede en derde plek.

In die Hoërskoolkategorie het Waterberg Academy die 3D-teikenskiet gewen met Hoërskool Ellisras se A- en B-span onderskeidelik in die tweede en derde plek.

Die kolskoot-afdeling is gewen deur die Bossies se A-span met Lephalale Primary in die tweede en die Bosveld se B-span in die derde plek. Ellisras Hoërskool was eerste en Waterberg Academy was tweede met die kolskoot.

Laerskool Bosveld se skuts, Mischka Prinsloo en Sameul Leahy het beide die derde plek ingepalm as junior dogter en seun.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.