Sluit aan by Ringbal

LEPHALALE — Mogol Ringbal speel Saterdag 21 April wedstryde teen Jakaranda en Phalaborwa in Polokwane en hulle het die gemeenskap se ondersteuning nodig!

Alle ou en nuwe spelers word uitgenooi om Dinsdae en Donderdae vanaf 17:30 tot 20:00 saam te gaan oefen by Mogolklub.

Die ringbaltoernooi vind plaas van 1 tot 7 Julie in Pretoria en daar word ʼn beroep gedoen op almal wat graag wil speel, om die oefeninge by te woon. Mans en dames wat aan die Meesterstoernooi wil deelneem moes op 1 Januarie 45 jaar oud gewees het. ʼn Groep vir ouderdomme 55 en ouer sal verkies word as daar genoeg spelers is.

Skakel Apie by 078 803 3492 of Fransiska by 074 217 9237 vir navrae.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.