Soos visse in water

LEPHALALE – Die “Ellisras Aquatics Club Sprint Gala” is Saterdag 30 September by Mogolklub se swembad aangebied.
Elke swemklub in Limpopo kry een keer per jaar die geleentheid om gasheer te wees vir ’n gala. Saterdag was dit Ellisras Aquatics-klub se beurt. Ses klubs van regoor Limpopo het aan die geleentheid deelgeneem met 102 swemmers tussen die ouderdom van 6 en 18 jaar.
Swemmers van skole in Lephalale wat nie ingeskrewe lede van die klub is nie, word ook jaarliks uitgenooi om aan die gala deel te neem.
Items was per ouderdomsgroep met afstande 50 m en 100 m. Die 6- en 7-jariges swem net 25 m.
Deelnemers aan die “Individual Medley” swem 50 m van elke item.
Lephalale se kinders het baie goed gedoen.
Uitslae van silwer en goue medaljes is as volg:
Tiaan Roets (seuns 9 jaar):
Goud vir 100 m vlinderslag (02,32 s)
Wikus van Schalkwyk (seuns 10 jaar):
Silwer vir 50 m rugslag (54,33 s), 50 m vlinderslag (59,95 s) en 50 m kruipslag (42,21 s)
Nicolas Louw (seuns 13 jaar)
Goud vir 50 m vlinderslag, rugslag, borsslag en asook goud in die 100 m in vlinderslag, rugslag en borsslag.
GJ Roets (seuns 15 jaar)
Goud vir 50 m rugslag (29,45 s), 100 m vryslag (56,62 s), 200 m “Individual medley” (2:26,46), 100 m vlinderslag (1:02,18), 50 m vlinderslag (27,51), 100 m rugslag (1:05,36), 50 m vryslag (22,27) en 100 m borsslag (1:25,22).
Tiaan Roets (seuns 9 jaar):
Goud in 100 m vlinderslag (2:00,32).
Ashley Jansen van Vuuren (dogters 11 jaar):
Silwer in 50 m rugslag (42,75) en 50 m vryslag (37,80), goud in 100 m vryslag (1:21,21), 200 m Individual medley (3:26,84), 100 m vlinderslag (2:01,68) en 100 m rugslag (1:36,01).
Kayleigh Jansen van Vuuren (dogters 10 jaar):
Goud in 100 m rugslag (2:01,20)
Regan Koopman (seuns 7 jaar)
Silwer in 25 m rugslag en in die 25 m borsslag. Hy ontvang goud in die 200 m
“Individual Medley”, in die 25 m vlinderslag en in die 25 m vryslag.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.