Sportsterre skitter!

LEPHALALE — Mogolklub se Sportster van die Jaar 2017-funksie het Donderdagaand 8 Maart in die klub se funksiesaal plaasgevind. Johan Wepener, bestuurder by Grootegelukmyn, het in sy verwelkomingstoespraak gesê dat dié funksie jaarliks ’n hoogtepunt op die kalender is waar sportmanne en –vroue wat plaaslik, provinsiaal of nasionaal presteer, vereer word. Dit was duidelik dat daar nie ʼn tekort aan uitstaande talent onder Mogolklub se atlete is nie.

Trofeewenners van links na regs: Rudi van der Neut, Elmé Young, Driaan Erasmus, Liz Smith, Thys Smith, Apie Higgo, Vleis Nortjé, Megan Prinsloo, Miekie van der Walt, Linton Burger, Werdie van Staden en GJ Roets

Neels Gerber, algemene bestuurder van Mogolklub, het soos altyd gesorg dat sake vlot verloop tydens die funksie en Hanlie van Zyl, Sportster van die Jaar 2016, het die seremoniële fakkel aangesteek. Daarna is brons, silwer en goue medaljes uitgedeel en trofeë oorhandig aan toppresteerders. Spesiale toekennings is gedoen aan Lizette Spammer wat vir die afgelope elf jaar die damekampioen in die muurbalsubseksie is. Verder is Gerhard Pepler vereer met sy syfer sewe onder baansyfer toe hy die Graceland gholfope gewen het.

Die volgende trofeë is oorhandig:

  • Matimba Kragstasietrofee vir Administrateur van die Jaar: Rudi van der Neut – perdrysubseksie.
  • Medupi Kragstasietrofee vir Beampte van die Jaar: Liz Smith –gevegskunssubseksie.
  • Lephalale Munisipaliteittrofee vir Sportsubseksie van die Jaar: Linton Burger – rolbalklub.
  • Machauka Lodgetrofee vir Junior Sportman van die Jaar: GJ Roets – swemsubseksie.
  • Mogol Postrofee vir Senior Sportvrou van die Jaar: Dit word gedeel deur Miekie van der Walt en Megan Prinsloo van die gevegskunssubseksie.
  • Domitor Drukkerstrofee vir Senior Sportman van die Jaar: Werdie van Staden – boogskietsubseksie.
  • Elite Micatrofee vir Veterane Sportvrou van die Jaar: Elmé Young – atletieksubseksie.
  • Lewies and Incorporated-trofee vir Veterane Sportman van die Jaar: Vleis Nortje en Thys Smith onderskeidelik van die ringbal- en gevegskunssubseksies.

Ben Albertstrofee vir Sportster van die Jaar 2017: Werdie van Staden – boogskietsubseksie. Werdie wen ʼn goue medalje in die ABO vir die vierde agtereenvolgende jaar asook in die 3D SANAA Nasionale kampioenskappe vir die vyfde agtereenvolgende jaar. Werdie ontvang ook ʼn silwer medalje in die “Field” Nasionale kampioenskappe en was die Triple Crown-wenner en wen ook ʼn silwer medalje by die ARFAC Nasionale kampioenskappe in Namibië.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.