Swemmers oes medaljes

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras het Dinsdagmiddag 27 Maart ʼn Interhuisswemgala by Mogolklub se swembad gehou. 

Nathalie Perrier verbeter twee rekords, naamlik die dogters o. 19 50 m rugslag 41,89 s na 41,87 s en borsslag 45,48 s na 44,12 s. Clarissa Booysen verbeter die dogters o. 15-vlinderslagrekord van 43,85 s na 43,60 s (dit is toevallig Nathalie se 2016-rekord).

Die junior victrix ludorum is Nicole Meyer en die senior victrix ludorum is Kayla Joseph. GJ Roets en Nicolas Louw word onderskeidelik aangewys as senior en junior victor ludorum. Die item van die dag was weer eens die aflos tussen onderwysers en leerders en die splinternuwe skoolhoof, Adriaan Joubert, het sy das en baadjie verruil vir ʼn swembroek.  

Goue medaljewenners is: Kayla Joseph (7), Nicolas Louw (7), GJ Roets (6), Meyer Nicole (3), Nathalie Perrier (3) en Estiaan Higgo (3). 

Die volgende swemmers wen twee goue medaljes: Anelia du Plessis, Jaco Strauss, Liza Janse van Vuuren, Clarissa Booysen en Daniele Oosthuisen. 

Een goue medaljewenners is: GP du Preez, Anika de Klerk, Henja Glas, Hendri Reynecke, Zinta van Staden, Kayla Hefer, Christi Kaiser, Hannes Pretorius, Maynhardt du Plessis en Fred Pistorius.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.